top of page

Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Fanie Vark Lyfwas & Sjampoe is 'n mengsel van 70% Olyfolieseep en 30% Klapperolieseep. Dit is gegeur met Laventel Essensiële Olie. Ons het spesiaal Laventel gekies, vir die kalmerende effek op jou kinders voor slaaptyd. Dit is 'n lyfwas en sjampoe twee-in-een, soos wat 'n stortseep sal wees.

 

Die voedende eienskappe van die olies is in die seep. Dit beteken dat die seep glad nie meer olie bevat nie, maar wel bevogtigend en voedend is. Dit is ideaal vir jong, sagte kindervelletjies. Met die grootste gedeelte uit olyfolie, is hierdie seep besonder sag en voedend vir vel en hare. Die klapperolie gedeelte sorg vir ekstra skoonmaakkrag en heerlike groot borrels, sodat die seep maklik gebruik kan word op sponse en waslappe, of met die hand, in die stort of die bad.

 

Al Huwelied Huis se Lyfsepe is Castille-tipe seep, wat van nature anti-bakteries, swamwerend en selfs insekdodend is. Dit is dus voedend, sagwerkend en natuurlik medisinaal in-een.

 

Laventel essensiële olie is gebruik om die seep te laat lekker ruik, maar dit het ook unieke gesondheidsvoordele, onder andere dat dit jou kinders rustig mag stem.

 

Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou vel, sag op die natuur!

 

NB. Onthou asseblief dat egte, natuurlike seep (dus ook Castille-seep) 'n tipe MINERALE SOUT is. Soos deur die eeue tot nou - HOU dit dus asseblief UIT jou kindertjies se Oë (asook natuurlik jou eie oë).

Fanie Vark Lyfwas & Sjampoe

R120,00Price
  • Fonteinwater, Kaliumolivaat, Kaliumkoöraat, Seesout, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Laventel Essensiële Olie

bottom of page