Huwelied Huis se Natuurlike Vloeibare Handwasseep is 'n mengsel van 30% Olyfolieseep en 70% Klapperolieseep. Dit is gegeur met Laventel Essensiële Olie. Hierdie is die grootste verpakking en is die meeste waarde vir geld. Dit het ook 'n pompbottel met 'n breë basis sodat jy dit gemaklik en veilig langs jou wasbakke kan sit. 'n Seeppomp en vloeibare seep beteken geen meer morsige, nat seepkoekies nie. Ook geen ander mense wat almal die seep hanteer nie, dus meer higiënies.
Die voedende eienskappe van die olies is in die seep. Dit beteken dat die seep glad nie meer olie bevat nie, maar wel nou vogtigend en voedend is. Met die grootste gedeelte uit klapperolie, het hierdie seep besonderse skoonmaakkrag. Dit skuim fantasties, wat handwas vergemaklik. Die olyfolie gedeelte sorg vir die voedende en bevogtige eienskappe.
Laventel essensiële olie is gebruik om die seep te laat lekker ruik, maar dit het ook unieke gesondheidsvoordele.
Hierdie seep is natuurlik, omgewingsvriendelik, gryswatervriendelik en bio-afbreekbaar. Sag op jou vel, sag op die natuur!
Bestandele:
Fonteinwater, Kaliumkoöraat, Kaliumolivaat, Seesout, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Sitroensuur, Laventel Essensiële Olie
Handwas Laventel / Hand Wash Lavender
Fonteinwater, Kaliumkoöraat, Kaliumolivaat, Seesout, Natrium Tetraboraat-Dekahidraat, Sitroensuur, Laventel Essensiële Olie